Seroptipe-O bek-en klouseer onder beheer

‘n Nuwe variant van bek-en-klouseer is op 9 Augustus in die Zambezi-streek ontdek met sowat 1 300 beeste wat besmet is. Volgens dr. Albertina Shilongo, direkteur van veeartsenydienste in die landbouministerie, is die siekte tot vier kiesafdelings in die oostelike dele van die Zambezi-streek beperk. Shilongo sê aan Kosmos 94.1 Nuus nuus dat entstowwe moontlik volgende week sal arriveer.