September is amnestie-maand vir vuurwapens, ammunisie

September is deur die Namibiese veiligheidsministerie as die maand van amnestie van vuurwapens en ammunisie verklaar. Dit is ‘n projek van die Afrika-unie en geld ook in Suid-Afrika. Die amnestie beteken dat Namibiërs alle onwettige en ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie kan inhandig sonder inhegtenisneming of vervolging. Piet Gouws, die president van die Namibiese Landbou-unie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus en doen ‘n beroep op boere om onwettige wapens in te handig.