Senuagtigheid oor olie bedaar

Internasionale nuusagentskappe berig dat oliehandelaars die afgelope maand baie rustiger is oor die beskikbaarheid van ru-olie, wat verligting aan die olieprys bring ná Rusland se inval in die Oekraïne. Terwyl brandstofverbruik in China wankel namate die inperkings as gevolg van uiters hoë Covid-gevalle, duur Rusland se olie-uitvoere voort, al is dit op ‘n verlaagde vlak. Intussen sal 1,3 miljoen ekstra vate olie daagliks deur die VSA en sy bondgenote ook begin. Dus, sê ontleders, beide vraag en aanbod vertoon beter as ‘n maand gelede. Ekonome het ook reeds voorspel dat die olieprys sal stabiliseer.