Sentrale Namib se reptiele verdwyn, stropers word blameer

Reptiele verdwyn teen ‘n kommerwekkende tempo in die sentrale Namibwoestyn, volgens bewaringkundiges wat dit voor die deur van stropers lê. Toeroperateurs wat in die duine in die Dorob Nasionale Park tussen Swakopmund en Walvisbaai werk, sê hulle sien omtrent nooit meer verkleurmannetjies nie, en slange en akkedisse is ook skaars. Francois Theart, ‘n slang- en reptielkenner stem saam dat stropery die oorsaak is.