Sentral Select-veiling op 21 Februarie in hoofstad

Agra Veilings bied op Dinsdag, 21 Februarie om vyf-uur die middag die Sentral Select-veiling aan wat die eerste beesveiling van 2023 is by die Agra/Bank Windhoek-ring in die hoofstad. Sowat 20 Simbra bulle, 12 Simmentaler bulle, Brahman- en Charolais-bulle, asook koeie en verse, is op die veiling te koop. Paul Klein van Agra Veilings het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.