Amushelelo op borgtog vrygelaat, teiken Shoprite landwyd

Die NEFF-aktivis Michael Amushelo is borgtog van 3 000 Namibiese dollar in die Walvisbaaise landdroshof toegestaan. Hy word daarvan aangekla dat hy die polisie verhinder het om hul pligte uit te voer en ook, ingevolge die wet op openbare byeenkomste, dat daar ‘n dreigement was om eiendom te beskadig sowel as om lede van die mag te beseer. Volgens die Namibiese polisie het hy wederregtelik en opsetlik versuim om te voldoen aan die bepalings soos uiteengesit in sy kennisgewing wat hy aan die polisie verskaf het om die vreedsame betoging te hou. Hy het ook met die polisie ingemeng deur te verhoed dat die lykswa wat hulle daar aangebring het, die toneel voor Shoprite verlaat. Amushelelo sê aan Kosmos 94.1 Nuus nou kom Shoprite Windhoek aan die beurt.

Hy sê die bal is nou in die hande van Shoprite.