Sentraal-Namibië se damme 79% vol

Damme vir Sentraal-Namibië is gesamentlik 79 persent vol met die Von Bachdam wat die laagste is op 62,7 persent. Gobabis se damme is gesamentlik 35,2 persent vol teenoor verlede week se 36 persent. Van die Suide se damme is nog byna propvol met die Neckartaldam wat 96,9 persent vol is, die Nautedam 93,3 persent en die Oanobdam is 89,1 persent vol. Die Hardapdam staan op 62,5 persent.     


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *