Sensus-uitdagings in Oshikoto

Die Namibiese-statistiekagentskap sê sensusopnemers ondervind probleme om toegang tot kommersiële plase en lodges in die gebied van Giunas in die Oshikoto-streek te kry. NSA-beampte Hendrik Mwatotele het sê kommersiële boere weier NSA-personeel toegang tot hul persele. Hy sê sommige boere en lodge-eienaars versoek afsprake weens hul besige daaglikse skedules, en soms is plaaseienaars afwesig. Hy het ook opgemerk dat die wet toelaat dat aanklagte gebring word teen diegene wat weier om aan die sensus deel te neem, maar sê dat hulle nie so ver wil gaan nie. Persone wat weier om saam te werk kan ‘n boete van 50 000 Namibiese dollar of vyf jaar tronkstraf of albei, opgelê word.