Senior regeringsamptenare mag hul voertuie vir enigiets gebruik

Daar is absoluut niks fout met die Swapo-kandidate vir die top-posisies wat amptelike voertuie gebruik om hul veldtogte te voer nie. Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, sê die hoë-vlak regeringsamptenare mag hul staatsvoertuie, met brandstof wat deur die belastingbetaler verskaf word, so gebruik omdat dit so gemagtig is.

Hy sê soms is daar klagtes van staatsamptenare wat regeringsvoertuie sonder magtiging gebruik en dan word dit ondersoek.