Senior Putin-raadgewer bedank, vlug uit Rusland

Die Kremlin het erken ‘n senior klimaatsraadgewer van die Russiese president, Vladimir Putin, het bedank. Anatoly Chubais het volgens berigte uit die land gevlug. Hy word beskryf as ‘n gerespekteerde, jarelange hervormer wat Moskou oor die inval in Oekraïne gekritiseer het. Chubais is die hoogste-vlak-amptenaar wat bande met die regering verbreek het. Daar word  berig die 66-jarige Chubais het Putin in die middel-90’s in die Kremlin aangestel en was aanvanklik ten gunste daarvan dat hy aan bewind kom. Putin het vroeër gesê hy gaan Rusland skoonmaak van verraaiers wat vir Amerika en sy genote werk.