Senegalese owerhede vind 30 ontbinde liggame op migrante boot
Minstens 30 ontbinde liggame is gevind in ʼn boot wat sowat 70 kilometer van die kus van die hoofstad van Senegal, Dakar, ronddryf. Volgens ‘n woordvoerder van die Senegalese Weermag is die vloot Sondagaand van die boot in kennis gestel en ʼn patrollieboot is onmiddellik na die gebied ontplooi. Tot dusver is 30 liggame getel en volgens ‘n weermagverklaring sal meer inligting oor die dodetal en die oorsprong van die boot na die ondersoek bekendgemaak word.