Selfmoordaanval dood 44 in Pakistan

Minstens 44 mense is dood en meer as 200 beseer in ‘n ontploffing tydens ‘n saamtrek van die Islamitiese party Jamiat Ulema-e-Islam-Fazl, in Pakistan. Meer as 500 mense het die saamtrek bygewoon toe die ontploffing plaasgevind het. Volgens internasionale media het die polisie bewyse gevind die ontploffing was vermoedelik ‘n selfmoordaanval. Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval in die Bajaur-distrik aanvaar nie, maar die Islamitiese Staat in Pakistan is vermoedelik te blameer. Amptenare het gewaarsku die dodetal kan nog styg.