Selfmoord onder leerders – ouers het beduidende rol

‘n Onderwyssielkundige in die buurland, Fred Schouwink, versoek ouers en voogde om oop kommunikasie met hul kinders te hê. Dit volg in reaksie op statistiek van die Gautengse Onderwysdepartement wat ‘n toename in selfdoodgevalle in skole aandui. Schouwink sê die meeste gevalle van selfdood en ander geestesgesondheidskwessies kan voorkom word. Hy beklemtoon die deurslaggewende rol van ouers se ondersteuning in die voorkoming van wanhoop en selfdood.