Selfdood-verwante versekeringeise nou 54% hoër

Soos in Namibië, is selfmoord ‘n uitdaging in Suid-Afrika. Lewensversekeraars sê hulle is erg bekommerd oor die skerp styging in eise vir geestesgesondheidstoestande, wat met selfdood te doen het. Hulle het ‘n toename van 54 persent in selfdood-verwante eise aangemeld vergeleke met die tydperk voor Covid-19. Liberty het bekend gemaak selfdood-versekeringseise het in 2022 die helfte van eise vir geestessiektes verteenwoordig, met eise vir depressie en angs op 16 persent. Die hoof-aktuaris van die SCOR-wêreldwye versekeringsgroep in Suid-Afrika, Brice Salence, doen ‘n beroep op die regering om selfdood-voorkomingsmaatrëels in te stel om die stygende selfdoodkoers in die land die hoof te bied.