Seldsame arend wat honderde jare laas in Wallis gesien is, laat kenners kop krap

Die Witstertarend, of Seearend, is op Rhodri Jones se plaas naby Gwynedd, gesien.

Hierdie arende is al vir meer as 150 jaar as broeispesie uitgesterf en hierdie tipe is sedert die 16de eeu afwesig in Wallis.

Die Witstertarende kan glo so lank as 90 cm wees.

Anders as die Goue Arend, is die Witstertarend minder aggressief en kan allerhande goed eet soos visse, seevoëls en aas.

Volgens die voëlkundige, Iolo Williams, is die waarneming goeie nuus.

Hy sê: “Ons sien hulle nie gereeld nie, hulle was eeue lank afwesig – nadat hulle sowat vyf eeue gelede hier nesgemaak het. Noudat hulle op die Isle of Wight vrygelaat word en goed vaar in Skotland, sien ons ‘n paar … maar net omtrent een elke tien jaar of so.”

Alhoewel hy sy besoek verwelkom, sê Jones hy hoop die arend nie te lank sal bly nie, aangesien hy vir die lamseisoen voorberei.

Foto: The Gaurdian