Groenskemas verwag 15 000 ton mielies, maar dit kan meer wees

Die landbouministerie sê hy verwag ‘n goeie oes van sowat 15 000 metrieke ton mielies teen die einde van die somer van vyf groenskemas onder produksie. Die skemas sluit Etunda, Sikondo, Uuvhungu Vhungu, Ndonga Linena en Shadikongoro besproeiingsprojekte in. Die ministerie kyk ook na die verhoging van die produksieterreine by al die groenskemas. Woordvoerder Jona Musheko het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Die skemas onderpresteer steeds. ‘n Skema soos Etunda, wat 1 200 hektaar groot is en besproeiing het, kan twee keer ‘n jaar mielies plant en as al die grond benut word, sal die skema jaarliks 10 000 metrieke ton kan oes.