Seldsame aardstowwe in Swede ontdek

Europa se grootste bekende getal seldsame aardstowwe, noodsaaklik vir die vervaardiging van elektriese voertuie, is in die verre noorde van Swede ontdek. Dit versterk Europa se hoop om sy afhanklikheid van China te verminder. Die Sweedse myngroep, LKAB, sê die ontginde stowwe, wat langs sy ystererts-myn ontdek is, het meer as een miljoen ton seldsame aard-oksiede bevat. Alhoewel die vonds glo die grootste in Europa is, is dit op ‘n wêreldskaal steeds klein en verteenwoordig minder as een persent van die 120 miljoen ton wat wêreldwyd deur die Amerikaanse Geologiese Opname geraam word.