Sekuriteitsfirma se kontrak by Mangaung-gevangenis verleng

Die Departement van Korrektiewe Dienste het G4S se kontrak by die Mangaung-korrektiewe sentrum met drie maande verleng. Die waarnemende nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, sê dit is ‘n noodsaaklike stap om die voortslepende geskil op ‘n wettige manier op te los. Die departement sou op 31 Augustus oorneem ná die beëindiging van die kontrak in Mei weens die verkragter en moordenaar, Thabo Bester, se ontsnapping. Die hof moet nog besluit of die kontrak, van 22-jaar, op ‘n regverdige manier beëindig is.