Sekerheid en sekuriteit in SA bly bron van kommer

COPE sê terwyl die buurland Vryheidsdag gevier het, bly die veiligheids- en sekerheidsituasie in Suid-Afrika ontstellend, wat die onderdrukte meerderheid se droom van ‘n beter lewe soos mis voor die son laat verdwyn. Woordvoerder, Dennis Bloem, sê niemand is meer veilig nie en wetteloosheid het oorgeneem. Vroue is nie vry nie en kinders se lewens is deurentyd in gevaar. Volgens Bloem is misdaad en die werkloosheidsituasie ’n tikkende tydbom wat kan en gaan ontplof: