Sekere handelsname grondboontjiebotter nie veilig

Die Nasionale Verbruikerskommissie in die buurland maan die publiek om die gebruik van sekere handelsmerke grondboontjiebotter onmiddellik te staak en dit na die winkel waar dit gekoop is terug te neem vir ‘n terugbetaling. Die kommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê die produkte is almal deur World of Natural Butters vervaardig, maar verskyn onder verskillende handelsname in gewilde kettingwinkels. Daar is bevind dat die produkte hoër as aanvaarbare vlakke Afla-toksiene bevat.