Sekere afdelings van Wet op Kubermisdaad tree in werking in SA

Sekere afdelings van die Wet op Kubermisdaad het vandag amptelik in werking in Suid-Afrika getree. Die wet maak die openbaarmaking van databoodskappe wat skadelik is, strafregtelike oortredings en maak voorsiening vir slagoffers om in hierdie verband ‘n beskermingsbevel te bekom. Die departement van justisie en korrektiewe dienste verwelkom die stap. Die woordvoerder, Chrispin Phiri, sê hersiening van die wette was belangrik weens die ontwikkelende aard van kubermisdaad.