Seibeb wil weet oor AK-47’s, liggaamskameras

Die adjunk-leier van die Landless People’s Movement, Henny Seibeb, het in die Nasionale Vergadering uitgevaar teen lede van die Namibiese polisie wat sonder uniform met AK-47 gewapen is. Hy het gepraat na ‘n partylid en burgemeester van Windhoek Sade Gawanas Maandag gearresteer is. Hy vra ook wanneer lede van die mag kameras op hulle sal begin dra om die mag, en die publiek te beskerm.