Seibeb sê skuld aan NamWater, NamPower moet afgeskryf word

Die adjunk-leier van die Landless People’s Movement, Henny Seibeb voer aan dat die amper 2,2 miljard Namibiese dollar wat plaaslike owerhede aan NamWater en NamPower skuld, afgeskryf moet word. NamWater alleen word meer as 1,4 miljard dollar geskuld terwyl NamPower skuld het van net meer as 800 miljoen dollar. Die kragvoorsiener het verlede jaar skuldvlakke publiek gemaak en gedreig om kragtoevoer na talle dorpe regoor die land af te sny. Seibeb wil hê die kwessie moet onder bespreking kom in die Nasionale Vergadering. Beide NamWater en NamPower ontvang geen reddingsboeie van die regering nie en presteer baie goed onder omstandighede met NamPower wat al dividende aan die regering betaal het. NamWater hou sy infrastruktuur in stand ten spyte daarvan dat hy so baie geld geskuld word. Talle plaaslike owerhede word wanbestuur en meeste het geen reserwe fondse nie.