Seibeb blameer weer vir Swapo vir Suide se kragskuld

Henny Seibeb van die LPM-party sê NamPower teiken Hardap en Karas met sy dreigemente oor beurtkrag. Talle dorpsrade in die Suide, sowel as die Karas-streeksraad, is ingesluit by die maatskappy se lys van debiteure, nes verlede jaar toe NamPower dieselfde stappe aangekondig het. En nes verlede jaar, blameer die party die vorige bedeling, Swapo, by die dorpsrade.