Seereddings die vakansie: Gee bystand asseblief

Die feestyd gaan oor pret in die son, veral in die see of ‘n swembad. Dit kan egter gevaarlik wees en as swemmers in die moeilikheid kom, is redding noodsaaklik om verdrinkings te voorkom. Daar is tans geen formele seeredding langs die Erongo-kuslyn nie, maar die Namibian Marshall Rangers-nooddienste het in die bresse getree en sal saam met die vloot en Monarch Lifeguards reddingsdiens langs die kus doen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sean Naude van Namibia Marshall Rangers, wat by die publiek pleit om te help met fondse vir die feesseisoen.