Amerikaanse kenner praat oor waarde van jag

Die Namibiese Professionele Jagvereniging hou vandag sy jaarvergadering in die hoofstad. Die jagbedryf kom toenenemd onder druk, veral vanuit Europa met sogenaamde ‘greenies’ wat amok maak oor die invoer van jagtrofees. Maar, jag in Namibië word volhoubaar en eties uitgevoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Robert Kroder, uitvoerende direkteur en stigter van Blood Origins, ‘n pro-jag nie-winsgewende organisasie in Memphis, Tennessee oor die belangrikheid van jag vir bewaring.

Hy sê sosiale media kan benut word om jag se waarde te herskryf.