Seelewe by Turkse kus bedreig

‘n Dik laag sogenaamde seesnot aan die Turkse kus hou ‘n ernstige bedreiging in vir die seelewe, waarsku mariene bioloë. Die organisese snotspul raak al hoe meer namate riool ryk aan voedingstof die see invloei. Volgens internasionale media versmoor die taai stof die visse.