Sebokeng-hospitaal voer weer breinchirurgie na 40 jaar uit

Die Sebokeng-hospitaal in Gauteng het geskiedenis gemaak toe hy sy eerste brein-operasies in meer as vier dekades uitgevoer het. Die twee pasiënte het aan bloeding op die brein gely. Die Gautengse gesondheidsdepartement se hoof van kommunikasie, Motalatale Modiba, sê die operasies was ‘n mylpaal ná die stigting van ‘n neurochirurgie-eenheid. Hy sê dit sal die vermindering van sterftes onder pasiënte met traumatiese breinbeserings in die gebied meebring.