ILO help arbeidsministerie met indiensnemingsbeleid

Die Namibiese arbeidsministerie het met behulp van die Internasionale Arbeids-organisasie begin met die ontwikkeling van die Derde Nasionale Indiensnemings-beleid. Dié beleid sal môre in die hoofstad deur die minister van arbeid, Utoni Nujoma, bekendgestel word. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewers-vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid van die beleid.