Sebastian Vettel sê sy uittrede was ‘n moeilike besluit

Motorsport: Die viermalige wêreldkampioen Sebastian Vettel gaan die einde van hierdie seisoen uittree uit Formule Een. Die Duitser sê dit was ‘n moeilike besluit en hy sal mettertyd fokus op waarop hy hom volgende gaan toespits. Die 35-jarige Vettel verlaat die sport as een van die suksesvolste jaers ooit. Sy skitterende F1-loopbaan het in 2007 begin en sy beste era was by Red Bull, by wie hy hom in 2009 aangesluit het. Vettel het tussen 2010 en 2013 38 Grand Prixs en vier agtereenvolgende titels ingepalm.