Sean Penn maak dokumentêr oor Oekraïne

Die Hollywood-akteur Sean Penn is in die Oekraïne, blykbaar om ‘n dokumentêr te vervaardig oor die konflik in die land. Volgens Amerikaanse media het hy reeds met President Volodymyr Zelensky vergader en hy woon ook perskonferensies by. Die Presidensie in die Oekraïne het in ‘n verklaring gesê Penn wil die waarheid van die Russiese aanval blootlê en die land is dankbaar. Vice Studios het bevestig dat daar wel ‘n dokumentêr geskied word. Penn was in November in die land en het met lede van die weermag vergader.