Sê wie verkoop afgewaterde diesel, Gwede

Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, om die vulstasies se name bekend te maak wat afgewaterde diesel verkoop, wat gemeng is met lampolie. ‘n Ondersoek deur die departement het aan die lig gebring 70 vulstasies in die land verkoop twyfelagtige diesel-brandstof aan klante. Die DA-lid, Derrick America, sê hierdie kommerwekkende ontdekking hou ‘n ernstige bedreiging vir voertuigenjins in, en kan moontlik aansienlike meganiese probleme veroorsaak.