Bezuidenhout kom tweede maar kry wennerstjek

Gholf: Die Suid-Afrikaner, Christiaan Bezuidenhout, het die wennerstjek ter waarde van 28,7-miljoen-rand ontvang al het hy tweede geëindig in die American Express-toernooi in Kalifornië, ná die Amerikaner, Nick Dunlap. Die 20-jarige student is ‘n amateurspeler en kom dus nie in aanmerking vir die prysgeld nie. Bezuidenhout, wat een hou agter Dunlap in die PGA-toernooi geëindig het, beskryf die Amerikaner se oorwinning as ongelooflik. Hy sê hy hoop Dunlap sal binnekort by die PGA-toer aansluit sodat almal die geleentheid kry om saam met hom te kan speel.