SDG-kleure by VN maak Erdogan vies

Turkye se president Reccep Tayyip Erdogan kla dat hy ongemaklik is met die gebruik van wat hy beskryf het as LGBTQ-kleure by die Verenigde Nasies. Die saal van die Algemene Vergadering is die week versier met helder kleure wat die doelwitte vir volhoubare ontwikkeling bevorder. Erdogan sê hy sou dit graag met Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die VN wou bespreek. Turkye se regering – gelei deur Erdogan en sy Islamitiese AK-party – het sy standpunt teen LGBTQ-vryhede verskerp.