Scotland Yard begin ondervragings van Boris se personeel

Scotland Yard begin binnekort mense ondervra wat partytjies by Downingstraat 10 bygewoon het in stryd met inperkingreëls. Die Britse polisie het bevestig hulle ondersoek geleenthede wat by eerste minister Boris Johnson se ampswoning in Londen gehou is, onder die naam Operasie Hillman. Ondersoekbeamptes kom tans in aanraking met meer as 50 mense wat altesaam 12 partytjies bygewoon het. Die jongste nuus volg op die verskyning van ‘n nuwe foto van Johnson by ‘n Kersparty in 2020 met ‘n oop bottel drank langs hom.