Schumi se familie wen regsgeding teen Die Aktuelle

Die familie van Michael Schumacher het ‘n regsgeding gewen teen die uitgewer Die Aktuelle wat ‘n kunsmatige intelligensie-gegenereerde onderhoud met die veelvuldige Formule Een-kampioen gedruk het. Die tydskrif het in April 2023 op sy voorblad die eerste onderhoud met Schumacher aangekondig maar bygevoeg dit klink bedrieglik eg. Die familie is vergoed met 200 000 euro. Die Duitse uitgewer, Funke Magazines, het verlede jaar Schumacher se familie om verskoning gevra vir die artikel en Anne Hoffmann, die hoofredakteur van Die Aktuelle, afgedank en die onderhoud as smaakloos beskryf. Schumacher in het 2012 uitgetree uit Formule Een en in Desember 2013 in die Franse Alpe geval en ‘n byna dodelike breinbesering opgedoen.