Schumi se 2003-Ferrari behaal rekord prys

Michael Schumacher se Ferrari waarmee hy in 2003 die Formule Een-titel gewen het, is op ʼn veiling vir 234,66 miljoen Namibiese dollar verkoop, wat die vorige rekord vir ʼn moderne F1-renmotor verbeter. Die vorige rekord was vir Schumacher se 2001 Ferrari wat in 2017 in New York vir 135,59 miljoen Namibiese dollar verkoop is. Die F2003-GA het sewe oorwinnings in 16 Grand Prix-wedrenne behaal. Die nuwe eienaar van die motor neem dit nie huis toe nie, maar dit sal op vooraf bepaalde datums na enige van die nege renbane in Europa en Amerika geneem word waar die wenner dit sal bestuur.