Schmidt reageer op metode van uitvoere

Die Namibiese Statistieke Agentskap het in sy Mei 2022-handelsbulletin aangedui dat goedere 36,9 persent per lug, 32,8 persent per pad en 30,3 persent per see uitgevoer is. Met verwysing na tonnemaat, het 120 554 ton goedere die land per pad verlaat het, vergeleke met 110 691 ton wat in April 2022 geregistreer is. Ongeveer 106 433 ton het die land per see in Mei verlaat, en slegs 121 ton goedere het Namibië per lug verlaat. Harald Schmidt, sekretaris-generaal van die Namibiese Logistieke Vereniging gee sy reaksie in hierdie verband.