Schlettwein sê waterkonferensie was reuse-sukses

Die Namibiese lanadbouminister, Calle Schlettwein, sê die VN-waterkonferensie het Vrydagaand as ‘n waterskeidingsoomblik geëindig met die aanvaarding van ‘n stel aanbevelings wat die noue verband tussen die watersiklus en klimaatsverandering erken. Beide, die wêreldwye water- en die klimaatkrisis kan slegs saam aangespreek word deur globale samewerking. Schlettwein en die Namibiese afvaardiging het op die kantlyn van die konferensie ook met Botswana en Suid-Afrika ontmoet. Schlettwein sê die beskerming van ondergrondse waterbronne, soos byvoorbeeld die Stampriet-bekken wat deur die drie lande gedeel word, is uiters belangrik en in die verband is samewerking deur owerhede krities. Navorsing en data-insameling is ook as prioriteit daargestel.