Schlettwein gesels oor water uit New York by VN-vergadering

Namibië neem deel aan die Verenigde Nasies se 2023 Waterkonferensie in New York. Die byeenkoms is deel van ‘n groter hersiening vir die implementering van water en sanitasie doelwitte tot en met 2028. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko, sê die Namibiese afvaardiging word gelei deur die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila saam met minister Schlettwein. Die twee het reeds Sondag vertrek met die konferensie wat vandag begin. Schlettwein het uit New York met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die belangrikheid van water kan nie oorbeklemtoon word nie.

Schlettwein het ook sy hoop vir die vergadering so uitgespreek.