Mpumalanga-polisiehoof veroordeel taxi-operateurs se aanvalle

Mpumalanga se waarnemende provinsiale polisiekommissaris, Zeph Mkhwanazi, het ‘n aanval op die polisie skerp veroordeel. ‘n Groep van 23 taxi-operateurs het Maandagaand die Witbank-polisiekantoor bestorm en geëis dat ‘n verdagte wat weens moord en poging tot moord gearresteer is, vrygelaat word. Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê volgens inligting het die hele drama verlede week begin toe ‘n groep taxi-operateurs na Klarinet gegaan het en na bewering twee mans wat van diefstal beskuldig is, ontvoer en aangerand het: