Schlettwein gesels oor grensriviere en die uitdagings

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het meer inligting bekend gemaak in verband met die kabinet se beslissing wat sê dat hy kennis neem van die groot uitdagings wat verwag word wanneer die land die kwessie van grensriviere by verskeie internasionale water-kommissies moet aanspreek.

Hy sê die prinsiep dat ‘n gebruiker van die water nie te na gekom moet word nie, word nie volgehou nie.