Savanna Beef Processors is Vrydag oop die aandele

Die Beesvleis Waardeketting-forum se tweede venster vir aandeel-aankope maak Vrydag oop en sluit op 9 September. Daar is slegs 54 miljoen Namibiese dollar se aandele wat beskikbaar sal wees. Die forum het ten doel om ’n volhoubare, winsgewende beesvleiswaardeketting te skep deur vleisprodukte voor uitvoer te verwerk. Romé Mostert die direkteur van Cirrus in Windhoek wat die aanbod hanteer, het met Kosmos 94.1 nuus gesels.