SAUK stig Afrikaanse radiodiens vandag, 85 jaar gelede

Vandag, 85 jaar gelede is ‘n volwaardige Afrikaanse radiodiens is in 1937 deur die SAUK ingestel. Tot in daardie stadium was Afrikaanse programme beperk tot ongeveer 45 minute per week, hoewel die markberigte, enkele praatjies en nuusbulletins ook in Afrikaans aangebied was. In 1938, word daar in die Afrikaanse Kultuuralmanak geskryf, “is ‘n besluit geneem wat die Afrikaanse Diens in ‘n besondere sin tot die hart van sy mense laat spreek het”. Daar is naamlik beplan om die eerste paar skofte van die simboliese Ossewatrek, uit Kaapstad na Pretoria, uit te saai. Ten spyte van die swak telefoonlyne, was die reaksie van luisteraars so oorweldigend dat besluit is om die hele trek uit te saai. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis. Kosmos 94.1 Nuus kon nie enige klankgrepies bekom nie maar daar is met die 1938 herdenking van die Ossewatrek ‘n Singer-plaat uitgebring ter herdenking van die fees. Daar was net twee liedjies op – die Tranvaalse Volkslied en Afrikaners Landgenote, gesing deur die Asafkoor van Turffontein.