Saterdag speel die Springbokke teen Engeland op Twickenham

Rugby: Ondanks die Springbokke se oorwinning van 30-15 oor Skotland in Edinburgh word
hulle gekritiseer omdat hulle nie meer balbesit en gebiedsvoordeel in punte omskep het nie. Die
Skotte het die Bokke se ondersteuners bekommerd gehad toe hulle teen rustyd met 10-8
voorgeloop het. Maar Makazole Mapimpi se twee drieĆ« saam met ‘n uiters dominante pak
voorspelers het die Suid-Afrikaners gehelp om hulle onoorwonne rekord van elf jaar teen
Skotland te behou. Die Springbokke sluit hulle toer af met ‘n kragmeting teen Engeland
Saterdag op Twickenham. Engeland het Australiƫ gisteraand met 32-15 geklop.