Sateliot help om aasvoëls te beskerm

Die satelietkommunikasie-maatskappy, Sateliot, het met die Trust vir Bedreigde Wildlewe hande gevat om 5G-Internet van Dinge-sensors aan bedreigde aasvoëls regoor Suid-Afrika aan te bring. Dit is gedoen om stropery te verhoed en bedreigde voëls in afgeleë plekke se bewegings te volg. Die onwettige handel in aasvoëlkarkasse het hul getalle uitgedun, met die gevolg dat baie min in hul natuurlike habitat oor is. Alison Janicke van die Trust vir Bedreigde Wildlewe sê Sateliot sal geld en hulpbronne verskaf vir noodsaaklike bewaringspogings.