Sassa word ondersoek vir kospakkies

Die Openbare Beskermer in Suid-Afrika, Busisiwe Mkhwebane, het bevind die Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid se versuim om kontrakte vir die verspreiding van kospakkies aan te wys, was wanbestuur. Mkhwebane sê die ondersoek na die saak het bevestig daar was gedurende November 2019 en Maart 2020 ‘n onnodige vertraging om nuwe kontrakte toe te ken vir die verspreiding van kospakkies in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Advokaat Paul Hoffman van die Instituut vir Toerekenbaarheid in Suider-Afrika het die klag ingedien.