Sassa se probleem opgelos, begunstigdes het weer toegang tot fondse
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid sê ‘n tegniese probleem in die Posbank se betalingstelsel wat kort-kort voorgekom het, is opgelos. Die probleem het duisende pensioenarisse sonder hulle toelaes gelaat. Die ontvangers kon nie by kleinhandelaars en kitsbanke toegang tot hul geld kry nie. Sassa se woordvoerder, Paseka Letsatsi sê hulle vra verskoning vir die ongerief: