SARS sê beurtkrag kos ekonomie R150 miljard

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se kommissaris, Edward Kieswetter, sê geo-politiese en ekonomiese faktore soos beurtkrag het steeds ʼn uitwerking op die inkomstediens se vermoë om die staatskas aan te vul. Hy het aan die parlementêre staande komitee oor finansies gesê, hulle beraam dat beurtkrag die ekonomie moontlik tot 150 miljard Suid-Afrikaanse rand aan verlore inkomste gekos het. Kieswetter sê ook SARS is die afgelope vier jaar geleidelik besig om te herbou en sodoende ook invordering te verbeter.