Oorlewing in SA raak ‘n stryd, daar’s ‘n ekonomiese krisis sê GOOD

Die GOOD-party is bekommerd oor die stygende voedselpryse en miljoene wat honger ly te midde van ‘n ekonomiese krisis. Dit volg nadat Statistieke Suid-Afrika ‘n inflasiekoers van 5,4 persent vir verlede maand aangekondig het, vanaf 4,8 persent in Augustus. Volgens die party het die prys van voedsel die afgelope jaar met 8,1 persent gestyg, wat diegene wat reeds onder die armoedegrens is, beïnvloed. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê met ʼn werkloosheidsyfer van 32,6 persent en afhanklikheid van die maatskaplike hulptoelae van 350 Suid-Afrikaanse rand, is oorlewing ‘n stryd: